“Vir meer as 10 jaar het ek met ernstige angs, depressie en bipolariteit gesukkel. Ek het vir hulp na verskeie sielkundiges gegaan met geen sukses. In 2018 het ek uiteindelik by Derika de Villiers uitgekom. Sy is die eerste sielkundige wat my uiteindelik gehelp het om die dieper emosionele en sielkundige letsels van die verlede te identifiseer en het my gehelp en gelei om dit te hanteer. Na 10 jaar wat ek by my ouers moes bly weens veral die angs, en depressie, het ek in 2019 1200km van my ouers af weggetrek en is nou ongelooflik gelukkig, selfstandig en angsvry!! Voor ek vir Derika ontmoet het het ek geen hoop op ‘n beter toekoms gehad nie… Haar uiterse professionaliteit en ongelooflike talent om met mense te werk het my lewe gered!! Vir ‘n beter sielkundige kan jy nie vra nie!!!”